2016 en 2017 met Eugéne N Marais

Die Eugène Marais-stigting het die afgelope jaar verskeie mylpale bereik en het reeds ʼn propvol program vol nuwe hoogtepunte vir 2017 beplan.

Benewens verskeie aktuele openbare gesprekke met toonaangewende meningsvormers uit ʼn verskeidenheid dissiplines en vakrigtings is daar ook fluks gevorder met die planne om die terrein by Rozenfontein Row in die Paarl waar Marais skoolgegaan het te ontwikkel.

Hier is van die hoogtepunte wat die stigting in 2016 bereik het asook die beplande gespreks- en ander programme vir 2017.

 

 

Mylpale vir  2016

Die terrein by Rozenfontein Row:

Dis die enigste plek in Suid-Afrika waar goedbewaarde geboue, geskik vir hergebruik, behoue gebly het en waar Eugène Marais vertoef het.

  • Die Stigting se professionele vennote by die ontwikkeling van die Eugène Marais Kampus by Rozenfontein Row 1,2 en 3 is:

Die argitek: Maryna Pretorius.

Die bouer: Johan Dempers van die Dempers Groep

Ouditeur: Gerrie Strydom van Boshoff Visser

Prokureur: Zane Meyer van Faure en Faure

  • 2015: Navorsing afgehandel oor die terrein van die Paarl Public School for Boys – 1876 tot 1900- en Eugène Marais, 1884 tot 1887. Marguerite Lombard van die Paarlse Heemkring.
  • 2016: Sketsplanne van die skooltjie as beoogde interaktiewe sentrum en die koshuis as inkomste genererende sentrum opgestel, voorgelê aan en goedgekeur deur drie plaaslike bewaringsinstansies.
  • Oktober 2016: Permit van Erfenis Wes-Kaap uitgereik vir toestemming om volgens plan te mag restoureer.
  • November 2016: Proses begin om mbv volledige argitekstekeninge aansoek vir goedkeuring by Drakenstein Munisipaliteit te doen.
  • Drie donateurs skenk R5000.00 elk en daag ander donateurs uit om dmv R5000.00 boublokke die bedryfsgeld te voorsien vir die argeologiese ondersoek en die goedkeuringsproses deur Drakenstein Munisipaliteit..

Kwalifiseer vir ons spesiale kategorie STIGTERDONATEURS

  • Geldige kwitansies vir belastingdoeleindes word aan donateurs uitgereik
  • Na die nodige goedkeuring en mbv bemarkingsmateriaal kan doelgerigte gesprekke olv die bouer met groter donateurs gevoer word op soek na ‘n geskikte finansieringsformule vir die konsep.
  • Uitnodigings ontvang van twee donateursinstansies om na goedkeuring hierbo, aansoeke in te dien.

 

Beplande Jaarprogram vir 2017

 

16 Februarie:   Johannes de Villiers in gesprek met Eugène Marais oor die

Bonatuurlike

10 Maart:        US Woordfees

Carel vd Merwe, Daniel Hugo en Lina Spies in gesprek met Eugène

Marais oor Plagiaat.

Voordrag deur Gaireyah Fredericks en musiek deur Marissa von

Mollendorf

29 Maart:          Sterfdatum van Eugène Marais

Voldag seminaar oor Depressie en selfdood.   ‘n Interdissiplinêre groep van genooide kundiges met prof Lizette Rabe as inleier.

Terugvoer aan die publiek tydens aandsessie- 16h30 tot 20h00.

4 Mei:               Ton Vosloo in gesprek met Eugène Marais oor Persvryheid

(Moet nog bevestig word)

15 Junie:          Gedenklesing en program beplan vir aanbieding in Pretoria.

24 Augustus:    dr Melodie de Jager in gesprek met Eugène Marais oor Pyn. ‘n Spesifieke

verwysing na geboortepyn en die verband met moederliefde.

20 September:  Filmvertoning van The Guest. Toeligting en gesprek met Athol Fugard,

Ross Devenish en beskikbare akteurs.

21 September:  Filmvertoning van Die Wonderwerker. Toeligting en gesprek met Katinka

Heyns, Simon Barnard en beskikbare akteurs.

14 Oktober:      Konsert deur plaaslike Gr 6 en 7 leerders. Materiaal gebruik is

versamel tydens die aanbieding van 3 Slypskole vir poёsie, drama en

stories skryf. Projek geborg deur die Historiumtrust.

In Oktober:       SASNEV (Suid Afrikaanse Sentrum vir Nederlands en Vlaams) beplan om

Die Vlaamse toneelstuk, Die siel van die Mier, met skrywer en regisseur,

David van Reybrouck en sy geslskap na Suid -Afrika te bring. Die Eugène

Marais Stigting is die gekose vennoot vir die opvoering(s) in die Paarl.

  • By die Eugène Marais Kampus te Rozenfontein Row #1, Paarl

 

Kursusse:          Wilhelm du Toit se innoverende Genius progam vir gr 6 en 7

1 uur per week. Syfers is die” taal” van Wiskunde.

Voldag seminare oor: Volhoubaarheid in Toerisme. dr Niël du Toit.

Hervertolking van “Oubaas” John Inglis – Eugène Marais se onderwyser-  se onderrig in die Klassieke Tale. Basiese Grieks: dr Piet van Staden.

Uitstalling en kort kursusse in fotografie deur Johan Dempers van Wellington

Uitstallings:      Werke van Amanda le Roux se Crafty Kids.

Eerste uitstalling van skilderye van Wynand Aucamp

Modellering in klei deur Sarel Greyling

  • By Hanglip in die Waterberg. Daar het Marais “Waar Tebes in die Stil Woestyn” gedig

 

Gholfdag by die Legends Golf and Safari Resort aan die voet van Hanglip

 

 

 

Deel hierdie:

Laat 'n boodskap