Eugène Marais-prys

Die Eugène Maraisprys, vantevore bekend as die “Aanmoedigingsprys” en later die “Debuutprys”, is ‘n toekenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir ‘n eerste of vroeë publikasie in Afrikaans. Dit is in 1971 hernoem na die Afrikaanse digter en navorser Eugène Marais. Die prys het geen genre-indeling nie, maar slegs werke wat in die vorige kalenderjaar verskyn het, kan in aanmerking kom. Voorts kan ‘n skrywer dit net een keer verower. Die prysgeld bedra tans (2009) R22,000 en word geborg deur ABSA en Rapport.

Lys van wenners

1961 – Audrey Blignault (In klein maat, Die vrolike lied en haar bydrae tot Die dammetjie)

1963 – André P. Brink (Caesar)

1964 – Dolf van Niekerk (Skepsels); Elsa Joubert (Ons wag op die kaptein)

1965 – George Louw (Koggelstok)

1966 – Henriette Grové (al haar dramatiese werk)

1967 – Abraham H. de Vries (al sy prosawerk)

1968 – M.M. Walters (Cabala)

1970 – P.G. Hendriks (Die weg van ’n man)

1971 – Sheila Cussons (Plektrum’)

1972 – Lina Spies (Digby Vergenoeg)

1973 – Antjie Krog (Januarie-suite)

1974 – Leon Strydom (Geleentheidsverse)

1975 – P.J. Haasbroek (Heupvuur)

1976 – J.C. Steyn (Grammatika van liefhê)

1978 – Marlene van Niekerk (Sprokkelster)

1979 – Eveleen Castelyn (Tussen hemel en aarde)

1980 – Petra Müller (Patria)

1981 – Annesu de Vos (Gebed van ‘n groen perske en ander verse)

1982 – Louis Krüger (Die skerpskutter)

1983 – E. Kotze (Halfkrone vir die Nagmaal)

1984 – Etienne van Heerden (My Kubaan)

1985 – Alexander Strachan (‘n Wêreld sonder grense)

1986 – Freek Swart (Spinola se rooi angelier)

1987 – Joan Hambidge (Bitterlemoene); Deon Opperman (Môre is ‘n lang dag/Die teken)

1988 – P.C. Haarhoff (Uit ‘n ander wêreld)

1989 – Philip de Vos (Daar’s bitterals in die heuningwals)

1990 – Henning Pieterse (Alruin)

1991 – Pieter Stoffberg (Die hart van ’n hond)

1992 – Riana Scheepers (Dulle Griet)

1993 – Marita van der Vyver (Griet skryf ’n sprokie)

1994 – Mark Behr (Die reuk van appels); Ronel de Goede (Skoop)

1995 – Johan Myburg (Kontrafak)

1996 – E.W.S. Hammond (Doodsteek van ’n diabeet); A.H.M. Scholtz (Vatmaar)

1997 – Jaco Fouché (Die ryk van die rawe)

1998 – Johann Botha (Groot vyf)

1999 – Cristoffel Coetzee (postuum) (Op soek na generaal Mannetjies Mentz)

2000 – S.P. Benjamin (Die lewe is ‘n halwe roman)

2001 – Tom Dreyer (Stinkafrikaners)

2002 – Dine van Zyl (Slagoffers)

2003 – Barbara Fölscher (Reisgenoot)

2004 – Ilse van Staden (Watervlerk)

2005 – Melanie Grobler (Die waterbreker)

2006 – Marlize Hobbs (Flarde)

2007 – Danie Marais (In die buitenste ruimte)

2008 – Helena Gunter (Op ‘n plaas in Afrika)

2009 – Ronelda Kamfer (Noudat slapende honde) en Loftus Marais (Staan in die algemeen nader aan vensters)

2010 – Carel van der Merwe (Geldwolf)

2011 – Nicole Jaekel Strauss (Maal)

2012 – Sonja Loots (Sirkusboere)

2013 – Hennie Nortjé (In die skadu van soveel bome)

2014 –  Dominique Botha (Valsrivier)

2015 – Nicola Hanekom (Die pad byster)