Groter sensitiwiteit oor selfdood benodig

Karel Schoeman se dood het opnuut die aandag gevestig op die bestaande stigmas rondom selfdood en die publiek se onkunde oor verwante sake soos psigiese siektes.

Hierdie onkunde oor en stigmatisering van selfdood het ook sterk na vore gekom tydens ’n onlangse werkswinkel wat deur die Eugène Marais-stigting in die Paarl aangebied is.

Staande vlnr: Annamie Marais, Rollie Schoeman (Seminaarbestuur), Niël du Toit (Seminaarbestuur), Elitha Pieterse (Seminaarbestuur), Frans Cronjé, Piet van Staden. Sittend vlnr: Lizette Rabe, Sanoline Gous, Christelle Radyn, Annette de la Porte, André de la Porte, Jeanne Els.

 

Net soos Schoeman se dood verlede week, het Eugène Marais se selfdood in 1937 skokgolwe deur die letterkundige wêreld gestuur.

Marais se boesemvriend Gustav Preller het dit so verwoord: “Eugène se heengaan was vir ons almal ‘n skokkende verrassing. In teenstelling met die sombere, soms lugebere (sic) van sommige van sy verse, was hy in die omgang ‘n opgewekte, vriendelike verskyning, wat selde en nooit ligvaardelik, oor die dood gepraat het (sic). Vir hom was dit ‘n ontbinding waarna hy uitgesien het sonder vrees – die oortog van die Swartrivier of die Styx.”

’n Jaar na Marais se dood skryf Preller in die voorwoord van Eugène N Marais, sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde (1940) deur FGM du Toit: Marais se lewe, en met name die tweede en grootste deel daarvan, was daar een woord wat oorvol was van die smartelike, van ‘n huiweringwekkende mensewee (sic) en sieleleed …”

Die voorsitter van die Eugène Marais-stigting, Niel du Toit, hoop om temas soos selfdood wat deel was van Marais se lewe, deur seminare en tafelgesprekke in die openbare ruimte te plaas sodat nuwe perspektiewe oor aktuele sake ontgin kan word.

Tydens die onlangse seminaar oor selfdood wat deur die stigting aangebied is, het 11 persone, onder wie bekendes soos Lizette Rabie van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer Jeanne Els geleentheid gehad om hulle persoonlike ervarings te deel.

Lees die volledige artikel HIER op LitNet

 

Deel hierdie:

Comments are closed.