Eugène Marais

Eugène Marais

Eugène Marais

Eugène Marais jr. noem in die voorwoord tot die bundel Gedigte (van Schaik, 1933) dat sy vader iemand was met ‘n sonderlinge aantreklike persoonlikheid en ‘n uitsonderlike liefde vir kinders.
Hierdie liefde was wedersyds, en Eugène Marais was dikwels te vinde in kinders se geselskap.
Kliek hier  vir meer oor Eugène Marais.

Die Eugène Marais Stigting is ‘n kultuursentrum wat talent ontgin, verken­nende navorsing stimuleer en skakeling op die terrein van literatuur en wetenskap fasiliteer na aanleiding van die prestasies en nalatenskap van Eugène N Marais.

n Verskeidenheid van projekte kan rondom verskeie temas waarby Eugène Marais betrokke was, aangebied word. Lees hier meer oor die verskillende temas.

 

 

Eugène Marais tydlyn:

1871

Gebore: 9 Januarie (sommige bronne reken steeds dit was 1872); in Pretoria. Gesin verhuis kort daarna na Lynwood House aan die Apies rivier (h/v huidige Jacob Marais- en Prinsloo strate).

1877

Begin skoolgaan op 5-jarige ouderdom in Ds Begeman se strooidakkerk op Markplein, Pretoria. Hy word later oorgeplaas na die skool van Aartsdeken Roberts (Engelse predikant) net buite Pretoria. Shepstone hys die Britse vlag.

1879

Marais besoek Lizzie, sy oudste suster op Boshof in die Vrystaat. Beleg van Pretoria; 16 Desember. Wapenstilstand volg op 6 Maart.

1881

Marais is oppad na Boshof per ossewa om in te woon by sy oudste broer Charles (senator in die Vrystaat). Sus Lizzie woon om die hoek. Boshof lei tot Marais se latere essay “Waar die wêreld verkeerdom wentel”.

1884

Geldsake dwing Lizzie en haar kinders om ander heenkome (en beter opvoeding) in die Paarl te soek.

1885

Skryf sy eerste gedig The soldier’s grave as skoolseun

1887

Marais matrikuleer aan die Paarl Public School for Boys in 1887. Die familie trek terug na Boshof. Dieselfde jaar verhuis Lizzie en haar gesin terug na Pretoria na haar man se selfmoord. Marais is sestien jaar oud. Hy word prokureursklerk by Kuranda & Marais.

1888

Word aangestel as “cub” by die Transvaal Advertiser in Pretoria. Joernalistieke loopbaan begin.

1889

Bots met die Kruger regering oor persvryheid.

1890

Pas negentien jaar oud word hy redakteur van Land & Volk (enigste opposisie koerant). Ooreising ly heel moontlik tot die aanvang van Marais se dwelmverslawing.

1891

Met vennoot jimmy Roos koop hulle Land & Volk.

1892

Word alleeneienaar van Land & Volk.

1893

By sy ouers se goue bruilof ontmoet Marais die 20-jarige Aletta Beyers, sy aanstaande vrou. Uitlanders bied finansiering vir Land & Volk  (Marais bly aan as redakteur).

1894

Trou met Aletta Beyers. Raak betrokke by die saak vir Afrikaans as spreektaal en Afrikaner politiek.

1895

Seun Eugène Charles Gerard gebore op 8 Julie, Aletta Beyers oorlede op 17 Julie. Later die jaar op ‘n reis na Mauritius met CJ Vlok besluit Marais vir die eerste keer (van talle) om sy verslawing af te skud.

1896

Jameson inval (Marais as onderhandelaar betrek), en die Uitlanders onttrek finansiering van Land & Volk. Albei sy ouers sterf. Marais vertrek in Desember na Londen.

1897

Registreer in Londen (Inns of Court, Inner Temple) as regstudent. Loop kort kursusse in mediese wetenskap. Raak vertroud met Darwin se werk, hipnose en die Engelse litirêre tradisie. Reis deur Europa.

1898

Marais laat ’n boekplaat ontwerp

1899

Marais word deur Scotland Yard verdink van anti-Britse aktiwiteite en word onder ‘n vorm van huisarres geplaas.

9 Januarie 1901

Marais word 30 jaar oud. In September herskryf hy sy laaste regseksamen.

1902

Marais verneem van ‘n ekspedisie wat uit België by die Boeremagte in Suid Afrika wil aansluit. Hy reis per boot na Delagoabaai en sluit by die ekspedisie aan in Beira. In Junie word vrede gesluit. Marais ly erg aan Malaria. In Lourenco Marques besluit Marais om Land & Volk weer op die been te bring (op Britse terme). Terug na Pretoria.

1902

Marais word in Oktober tot die Balie toegelaat en Gustav Preller aanvaar aanbod om redakteur van Land & Volk te word. Een uitgawe word verbied, en Marais wys ’n aanbod vir Land & Volk deur Generaals Smuts en Botha van die hand.

1903

Marais skryf die boek “Deeds Office Practice of the Transvaal”. Preller bedank en sluit hom by De Volksstem aan.

1904

Die gedig “Winternag” sien die lig (word in 1905 gepubliseer).

1905

Preller en Marais gebruik hul koerante om die saak vir Afrikaans te bepleit. Marais sluit Land en Volk finaal.

1906

Marais verhuis na Hillbrow om in die regte te praktiseer.

1907

Vertrek na die Waterberg – eers op Doornhoek as prospekteerder en myndokter by die Union Tin Mine.

1908

Johannesburgse mynmaatskappy bekom mineraalregte op Doornhoek; prospekteerwerk word gestaak. Marais maak kennis met die van Rooyens van Rietfontein waar hy aanbly. Marais raak bekend as “wonderdokter”. Begin ook bobbejaan- en termietobservasies.

1910

Marais na Boshof vir verslawing-onttrekking by broer Charles.

1911

Terug op Rietfontein. Word aangestel as vrederegter. Sy seun besoek hom daar vir die eerste maal.

1912

Maak kennis met die bekende kunstenaar Erich Mayer. Beman die reënvalstasie op Rietfontein. Verdiep hom in die verskynsel van droogte.

1913

Erich Mayer besoek weer Rietfontein – die Boesman “Ou Hendrik” maak sy verskyning (later opgeneem in Dwaalstories).

1914

Stuur artikel aan Weerburo; “Notes on some aspects of extreme drought in the Waterberg” – word dieselfde jaar in die Smithsonian Institution (Washington, VSA) jaarverslag gepubliseer. Bobbejaan navorsing maak plek vir termiete.

1915

Tydens ‘n kwaai insinking hoor Marais se seun vir die eerste keer van sy pa se morfien verslawing. Marais weer na Boshof.

1916

Begin skryf aan The Soul of the Ape. Vertoef byna ’n jaar in Boshof.

1917

Terug na Rietfontein. Marais beleef nog ‘n morfien insinking – sak en pak terug na Pretoria. Sterk daarna aan op die Springbokvlakte by familie. Terug in Pretoria betrek hy kantore in Tudorgebou as advokaat.

1918

Smee vriendskapsbande met ’n ou kennis Tielman Roos. Werk meesal as resent vir Preller (steeds by Volkstem en ook Die Brandwag). Nou betrokke by ontstaan van Die Boerevrou tydskrif.

1919

Skaaf aan die finale The Soul of the Ape. Praktiseer as advokaat in Pta.

1920

Marais takel weer sy verslawing en spreek ‘n sielkundige in Weskoppies (die raad werk).

1921

Balie werk skaars, maar resensie- en skryfwerk floreer. Sy paaie kruis letterlik met CL Leipoldt. Marais neem sy intrek by die Prellers by 176 Blackwoodstraat, Pretoria. Dwaalstories verskyn stuksgewys in Die Boerevrou. Verhuis na Erasmus (Bronkhorstspruit). Word mede-eienaar van ’n Preller vriend by regspraktyk Van Wyk & Marais.

1922

Die essay “Die voëls van Witklip” tekenend van sy verblyf op Bronkhorstspruit (as deel van Die Boerevrou se verhaalwedstryd). Mabalêl on Bronkhorstspruit geskryf.  Verhuis dan na Heidelberg, Transvaal.

1923

Op Heidelberg skryf hy ‘n (Die Burger) artikel “Verskynsels van die Dieresiel” gebasseeer op sy termietstudies. Marais besluit weer op behandeling vir verslawing. Marais se broer, Senator Charles Marais, sterf op Boshof. Dokter en digter A.G. Visser word Marais se geneesheer en boesemvriend.

1924

Marais laat vaar sy prokureurspraktyk en verhuis telke male op Heidelberg a.g.v. geldtekort.

1925

Lewe neem ’n positiewe wending; sy Gedigte verskyn by Van Shcaik en sy lewensskets in Preller se Historiese Opstelle, asook aanvanklike hoofstukke van Die Siel van die Mier in Die Huisgenoot.

1926

Meer Mier artikels en van Visser en Marais se gedigte verskyn in Die Huisgenoot. Na ‘n onverwagte morfine oordosis sien Visser toe dat Marais na die plaas Steenkampskraal gaan vir onttrekkingsbehandeling. Daar werk hy aan The Soul of the Ape. Athol Fugard gebruik hierdie periode as agtergrond vir die film The Guest.  Die Huisgenoot plaas die eerste artikel in die reeks “Die Siel van die Aap”.

1927

Die pos vir direkteur van die Pretoriase Dieretuin (waarvoor Marais aansoek gedoen het) word toegeken aan dr. Rudolph Bigalke. Marais neem sy intrek by die Prellers op Pretoria. Hy werk vryskut by Ons Vaderland (onder redaksie van Preller). Marais verneem van Maeterlinck se boekie The Life of the White Ant.  Die plagiaatsaak word gepblubiseer in The Star.

1928

Die plagiaatsaak geniet groot aandag in Die Huisgenoot. Marais oorweeg ’n hofgeding maar sy ou vriend adv. Charles te Water oorreed Marais om die saak te laat vaar.

1929

Preller probeer Marais oorreed om morfiene af te sweer. Drs.Nel en Louw stem nie saam nie en die Prellers spreek Marais aan. Marais verhuis na die losieshuis van mev. Jessie Cross.

1930

Drs.Nel en Louw verskaf die minimum dosis morfiene aan Marais (ten spyte van die nuwe Wet op Geneeshere, Tandartse en Aptekers; 1929) wat weer ‘n oplewing in Marais ten gevolge het. Hy werk aan opvolg artikels van “Siel van die Aap”. Ons Vaderland word ’n dagblad, en Preller nooi Marais om voltyds te daar te werk.

1931

Ons Vaderland word weer afgeskaal na halfweeklikse koerant, en Marais word so ‘n vryskut joernalis. mev. Jessie Cross (haar gesin) en Marais verhuis na Vermeulenstraat. Marais raak heg bevriend met Edna Cross, agt jaar oud en haar sussie Hettie (twaalf).

1932

Skepping van Die Vaderland – Preller bly aan as redakteur en Marais het die nuwe bestuur gaande oor sy eerste bydrae; “Die Huis van die Vier Winde”. Kort daarna volg “Burgers van die Berge” as vervolgreeks in tien episodes. Marais spreek die S.A. Nasionale Vereniging toe oor “Boesmanklippe”, en die Pretoria News plaas dit as artikel daarna. Marais op as advokaat in die Lamont-saak.  Die Vaderland plaas later ”Die Spookbul van Farellone”, “Die Wit Uil” en “Laramie die Wonderwerker” asook “Salaz y Gomez ”. Marais se morfiengebruik neem toe.

1933

“Isaak Slyk” verskyn in Die Vaderland, asook “Jonkheer van der Made tot Zevenster”, Die Pad van Drome” en “Die Vlieënde Hollander”. Joan Couzyn werk aan twee borsbeelde van Marais. Sy drama “Die Swart Verraad” verskyn op die planke. Marais se gesondheid begin agteruitgaan. Drie aflewerings van “Die Ondergang van die Tweede Wêreld” verskyn, gevolg deur “’n Paradys van Weleer”. Marais neem weer sy intrek by die Prellers nadat die Cross gesin verhuis.

1934

Van Schaik publiseer Die Leeus van Magoeba en Die Siel van die Mier. Marais se een huisarts, dr. Hendrik Louw verhuis na Oos-Londen. Die Prellers (en Marais) neem hul intrek op Pelindaba as naweekplaas. Die Cross gesin keer terug na Pretoria.

1935

F.G.M. du Toit werk aan Eugène N. Marais – sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Marais skryf “Spore in die Sand” maar Die Vaderland weier publikasie. Verskyn wel later in Die Huisgenoot. Preller oorreed Marais om alleen op Pelindaba weer ‘n onttrekkingskuur te ondergaan (slaag nie). Briefwisseling tussen Marais en dr. Winifred de Kok begin.

1936

Die Cross gesin verhuis na Springs op die Oosrand. Preller verlaat Die Vaderland. Die Prellers besluit om permanent na Pelindaba te verhuis. Marais gaan mee. Marais pleeg daar selfmoord op 29 Maart.