Wie is ons

DIREKTEURE VAN DIE EUGÈNE MARAIS STIGTING

Niel d Toit raampie

Dr. Niël du Toit

Dr. Niël du Toit (voorsitter): Hy is ʼn opvoedkundige wat die grade BSc (Chemie en Wiskunde), DEd (Opvoedingsfilosofie – ʼn Kritiese evaluering van die “De Schooling of Society” van Ivan Illich) en MBA aan die Universiteit Stellenbosch behaal het. Hy was onderwyser by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, Departementshoof: Opvoedkunde by die Onderwyserskollege Paarl en ook mede-outeur van agt laerskoolhandboeke in Natuurwetenskap. Hy was ook hoofredakteur van Creata, tydskrif vir Begaafde Kind-onderwys van die Kaapse Onderwysdepartement. Hy is sedert 1988 ʼn entrepreneur en het Kontrei Toere Portefeulje as ʼn portefeulje van volhoubare bestemmings en toere in Suid- en Suidelike Afrika ontwikkel. Hy was in 1997 die Paarl Sakekamer se Sakepersoon van die Jaar.

 

Mnr. Heini Kotzé

Mnr. Heini Kotzé

Mnr. Heini Kotzé: Hy is die inisieerder en eienaar van die Eugène Marais-konsep en was Direkteur: Reklame by Carter & A Couple in Johannesburg, Hoof: Grafiese Ontwerp by Berry Bush BBDO in Kaapstad en Senior Grafiese Ontwerper by Saatchi & Saatchi in Kaapstad. Hy werk tans aan ʼn geïllustreerde lewensverhaal van Eugène N. Marais.

 

 

 

Lodewyk raampie

Dr. Johann Lodewyk Marais

Dr. Johann Lodewyk Marais: Hy is ʼn letterkundige en geskiedkundige en tans ʼn dosent en navorser by die Universiteit van Pretoria waar hy ook sy doktorsgraad ( D.Litt) behaal het met sy tesis Die wetenskaplike prosa van Eugène N. Marais. Hy het vele digbundels die lig laat sien, met sy eerste een, Die somer is ʼn dag oud, wat met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Sy mees onlangse digbundel is In die bloute. Hy het ook talle artikels oor sosiale navorsing en die literatuur geskryf en is hoofredakteur van die tydskrif Ensovoort.

 

 

 

Pie v Staden raampie

Dr. Pieter van Staden

Dr. Pieter van Staden: Hy het groot geword in die landelike omgewing van die voormalige Oos-Transvaal (nou Mpumalanga). Hy matrikuleer aan Nelspruit Hoërskool en studeer teologie by die Universiteit van Pretoria. Tydens sy dienstyd as leraar in verskeie gemeentes gee hy deeltyds klas in Grieks en Nuwe Testament by die Hammanskraal Teologiese Skool, die Universiteit of Pretoria en die Randse Afrikaanse Universiteit. Hy is die outeur van twee teologiese werke, asook ʼn versebundel.

 

 

LEDE VAN DIE PROJEKSPAN VAN DIE EUGÈNE MARAIS STIGTING

Francois Lötter

Francois Lötter

Francois Lötter (Kommunikasie, fondse en bemarking)

Hy was voorheen senior assistentredakteur van Die Burger en Beeld en ook politieke beriggewer van Die Volksblad, buitelandse redakteur van Beeld, nuusredakteur en redakteur van Beeld se kantoor in Pretoria, en hoof van Die Volksblad se streekkantore in Kroonstad en Kimberley. Kontak hom by francois@eugene-marais.org.za

 

 

Jean O EMS

Jean Oosthuizen

Jean Oosthuizen (Digitale bemarking, webblad, sosiale media)

Hy is ʼn vryskutjoernalis en was voorheen nuusredakteur van Kerkbode en ook politieke beriggewer vir die SABC en politieke korrespondent van die destydse Transvaalse dagblaaie by Perskor waar hy uit die parlement verslag gedoen het vir Hoofstad, Transvaler en Vaderland. Kontak hom by jean@eugene-marais.org.za