Projekte

FONDSINSAMELINGS-INISIATIEF: RED DIE SKOOLTJIE

AGTERGROND 

Eugène Marais het in 1884 na die Paarl verhuis en sou nooit kon droom dat hy as een van die grootste Afrikaanse skrywers van alle tye 'n ereplek by die Afrikaanse Taalmonument sou inneem nie.
Met verloop van tyd is na Marais verwys as geniale pionier op verskeie terreine. Hy word o.a. erken as die profeet van die Etologie – ‘n vak wat eers later as wetenskap erken is.
Die Eugène Marais Stigting NPC, het in die Paarl tot stand gekom op die terrein van die Paarl First Class Public School in Lawaaimaak-straat (nou Rozenfontein Row), waar Eugène Nielen Marais in 1887 gematrikuleer het.

Die Stigting wil fondse insamel om:

  • Die perseel te bekom. 
  • Dit in te rig in diens van die Stigting se Visie & Missie tot voordeel van die gemeenskap.
  • Dit as kampus aan te wend vir innoveer en leer.
  • Dit as ‘n selfonderhoudende entiteit te bestuur vir die volhoubare voortbestaan van hierdie geskiedkundige perseel.


Deeglike navorsing is reeds gedoen en verskillende markte soos toerisme, erfenis, onderwys, funksies, aktuele aangeleenthede en handelsmerkprodukte is geïdentifiseer.

Die volgende word o.a. beplan vir die finansiële volhoubaarheid van die perseel en sal op vasgestelde tariefbasis en met nodige administratiewe- en koördineringsondersteuning geskied:

• Funksielokaal

• Galery

• Konsertkamer

• Vergaderlokaal

• Navorsingskamer

• Skrywerskamers

• Interaktiewe Biblioteek

• Geskenkereeks/winkel

In die beplanning is daar ook ‘n prioriteit-doelwit om van die Eugène Marais Kampus dié voorkeurplek te maak vir DiepDink (“Think Tank”) in Afrikaans oor aktuele sake en kwessies wat die samelewing raak. Uiteraard sal dit ook op versoek in Engels aangebied word. Deur die loop van 2018 en 2019 is 5 DiepDink-projekte suksesvol afgehandel oor 5 aktuele onderwerpe – 4 in Afrikaans en 1 in Engels.

Ons sal dit hoog op prys stel indien u dit sal oorweeg om vir hierdie waardige inisiatief ‘n skenking te maak.

Enige en alle ondersteuning word waardeer en ‘n Art 18A Kwitansie word uitgereik vir alle donasies (sien Donasies blad).

ARGITEKVOORSTELLE

  • SKETS
  • 379
  • 380
  • 381
  • 382
  • 384
  • 385
  • 3D 1


 
Mail
About